Riamien se Voetspoore

184809_626493724044210_1609006416_n“Al is ek soms teleurgesteld oor wat Hy als oor my pad stuur, sal ek altyd Sy kind bly en lief wees vir Hom. Ek’t al te veel Hom in my lewe ervaar om te se dat Hy nie bestaan nie. So darem weet ek my plek ini Hemel is gereserveer. En alhoewel ek nou al soontoe sal wil gaan, weet ek my werk hier op aarde is dalk nog nie voltooi nie!”

“Waar vertroue is, is liefde. Waar liefde is, is vrede. Waar vrede is, is God. En waar God is, is niks anders nodig nie.”

“Wanneer jy tot die einde van jouself kom, vind jy die begin van Jesus.”

“God se liefde is ons grootste wapen. Jy sal nooit meer as dit nodig he nie. Jy hoef net ander lief te he – Jesus sal die res van die werk self doen.”

“Al wat aan die einde saak maak is die liefde binne jou en jou liefde vir God. Hy is deel van elkeen van ons. So, as jy iemand lief he, het jy Hom lief. Wanneer jy die mens langs jou lief he en jy se dit vir daardie persoon, dan se en doen jy dit vir God.”

Al hierdie woorde het ek al van Riamien gehoor. Sy’t oor en oor gepraat van liefde en God dien en my hartsake uitgepraat. Sy was net ‘n blessing.

Ek’t self ‘n briefie gevind, ek’t elke daggie probeer vir haar ‘n briefie skryf terwyl sy besig was met Chemo sessies en so aan. Daar was een week die jaar, wat vreeslik aaklig vir haar was. En sy het net uit teater gekom na die operasie en wou met niemand gesels nie. Toe skryf ek vir haar die volgende:

Riamien,

Vriendin, ek skryf vanaand ‘n briefie. Jy’s uit teater uit en jy se die operasie het goed gegaan, maar jy wil met niemand gesels nie. 

Ek sal nooit werklik  weet hoe moeilik dinge is of hoe jou hartjie voel nie, so ek sou jok as ek gese het ek doen. 

Maar vanaand,  hou ek jou handjie vas in die gees. Tussen die donkerte, die stilte van die nag, tussen ‘n paar honderd kilometers..dink ek aan jou en wens mens kon dit makliker maak, die pyn verlig. Maar in daai stiltes en donkerte het mens nie woorde nodig nie.

Mens luister na die geluide van die nag, die beep van die masjien, die klop  van mens se hart of net die diepte van net asem haal…

Ek het nie veel om te se nie. Dog maar net ek laat weet, ek dink aan jou. Ekt nie woorde om dit beter te maak nie, maar ek het ‘n oor wat kan luister, ‘n hand wat styf vasgedruk kan word, ‘n kussing vir kwaai wees en slaan, ‘ skouer vir die huil en ‘n maag vir lekker saam lag…

Ek skryf vanaand ‘n briefie want die kosbaarste geskenk wat God vir my kon gee tussen als wat gebeur, is jy.

Baie lief vir jou maatjie

xx Michelle

Ek gaan my vriendin baie mis maar ek weet Sy is by Pappa en dat Hy haar nou styf vashou. Vandag wil ek haar net opdra aan God, en haar neerle by Sy voete, by die kruis en dat Hy deur haar lewe mag spreek en als gebruik vir Sy glorie. Dat ons altyd sal onthou hoe lief Hy het en hoe kosbaar ons verhouding met Hom en mense is. Mag haar lewe net Sy voetspoore agterlaat…

226413_450727891670497_1119665746_n 285366_10200494484541520_1654670288_n 523188_4525379208540_1348783216_n 549308_574772309199800_1247226048_n

 

Advertisements
Categories: Pursuing Faith, Pursuing Hope, Pursuing Life | Tags: , , , , , , , , | Leave a comment

Post navigation

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: